80% kans op La Niña
Só 'n positiewe fase van die SOI het ook in die Septembermaande van 1981, 1988, 1996, 1998, 2000, 2008, 2010 en 2020 voorgekom.
Elvira Hattingh
Die waarskynlikheid dat 'n La Niña sy verskyning vanaf Oktober vanjaar tot in Maart 2021 gaan maak, het nou na tot 80% verhoog.
Boonop behoort dit 'n matige een te wees, sê die konsultant-landbouweerkundige, Johan van den Berg, in sy jongste weervooruitskouing.
Van den Berg sê egter Namibiërs gaan eers sweet vóór die reënseisoen na verwagting sal aanbreek.
“Baie warm tot bloedige warm toestande sal na verwagting vir die grootste dele van Oktober asook die eerste helfte van November voorkom. Vooruitsigte op reën in Namibië verbeter vanaf die tweede deel van November,” het hy gesê.
Van den Berg sê die waarskynlikheid op 'n La Niña-weerverskynsel het vanaf Julie, toe die kanse net minder as 50% was, na tussen 70% en 80% verhoog. Hy het vantevore aan Republikein gesê 'n La Niña-verskynsel word dikwels met beter reënneerslae in Suider-Afrika vereenselwig.
LA NIÑA OP PAD
“Voorspellings dui ook dat water in die sentrale Stille Oseaan verder sal afkoel. Die huidige vooruitsigte dui op 'n matige tot sterk La Niña.
“Die huidige versterking van La Niña-toestande is beduidend omdat September en Oktober bepalende maande vir die res van die somerreënseisoen is. Daarom is dit hoogs waarskynlik dat 'n La Niña sal voorkom en tot minstens in Maart 2022 weerstelsels sal beïnvloed,” het hy gesê.
Nog 'n beduidende wending is die feit dat die Suidelike Ossillasie-indeks (SOI) sedert Junie vanjaar 'n positiewe fase handhaaf. Die SOI is 'n maatstaf van die verhouding tussen seeoppervlaktemperature en oorhoofse weerstelsels en 'n aanwyser van La Niña-toestande.
“Só 'n positiewe fase van die SOI het ook in Septembermaand van 1981, 1988, 1996, 1998, 2000, 2008, 2010 en 2020 voorgekom. Dit het tot bonormale reën oor die grootste somerreëngebiede van Suider-Afrika gelei,” sê Van den Berg.
“Wat die Indiese Oseaan-dipool (IOD) betref, is dit nou binne 'n neutrale fase. Dit sal egter steeds 'n positiewe rol vir somerreën oor Suider-Afrika vertolk,” het hy gesê en verduidelik dat 80% van dié oseaan se water steeds 'n afkoelingsfase ervaar.
“Dit is buiten vir die effense verhitting wat in die noordelike Indiese Oseaan voorkom,” het hy gesê.
SUID-AFRIKA
Gemiddelde tot bogemiddelde reën word ook in die sentrale en oostelike dele van Suid-Afrika vanaf middel-Oktober verwag, wat 'n piek teen November of Desember kan bereik.
“Die verbeterde reënneerslae sal tussen Januarie en Maart weswaarts beweeg, oor die sentrale en westelike dele van die land.
“Dit is onseker of die weerstelsels ver genoeg weswaarts sal neig om die verre, droë suidwestelike dele van die Noord-Kaap te bereik. Reënvooruitsigte is belowend vir die Oos-Kaap en uiterse nat toestande word in Oktober en November oor die noordelike dele van die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal en nabygeleë dele van Mpumalanga verwag.” - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie