80-jarige op Swakopmund vermoor
Die liggaam van ‘n Namibiese man (80) is gister omstreeks 18:00 in sy huis in Vineta op Swakopmund ontdek.
Die polisie het nie die naam van die oorledene bekend gemaak nie, aangesien sy familie in Suid-Afrika nog nie opgespoor is nie.
Twee vriende van die bejaarde het gister gaan ondersoek instel ná hy sedert Donderdag nie sy selfoon beantwoord nie. Hulle het sy liggaam langs sy bed gevind. Sy hande en voete was met skoonveters vasgebind en ‘n lap was in sy mond ingedruk.
Die man het alleen gewoon.
Die polisie het twee stelle voetspore buite die huis gevind, asook ‘n gebreekte venster waardeur die verdagtes vermoedelik toegang tot die huis verkry het. ‘n Kluis, televisiestel en kamera word vermis.
Die verdagtes is tans onbekend en die polisie ondersoek ‘n saak van moord, huisbraak en roof.
Enigiemand met inligting word versoek om adjunkkommissaris Iikuyu (081 246 4757), adjunkinspekteur J. Mwatongwe (081 246 1121), adjunkinspekteur Tjihavero (081 413 7105) of die naaste polisiestasie te kontak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie