8 sterftes, 92 nuwe gevalle
8 sterftes, 92 nuwe gevalle

8 sterftes, 92 nuwe gevalle

Henriette Lamprecht
Die Covid-19-verwante sterftes vir Namibië sedert die aanvang van die pandemie in Maart verlede jaar het met nog agt - drie elk in onderskeidelik Windhoek en Walvisbaai en een elk in onderskeidelik Engela en Grootfontein - tot 682 gestyg. Vandag is 92 nuwe gevalle aangemeld waaronder sewe leerlinge, vier studente, een onderwyser en tien gesondheidswerkers is. Die aktiewe gevalle staan tans op 1 713 waarvan 162 in die hospitaal en 45 in die ICU is. Tot op hede het 47 146 mense herstel.

Tot op hede is 34 346 mense teen Covid-19 ingeënt, 1 308 mense is in kwarantyn en 3 328 kontakte word gemonitor.

Kommentaar

Republikein 2026-05-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer