78 gevalle in Windhoek sluit leerlinge, onderwysers, gesondheidswerkers in
Uit die 141 nuwe gevalle wat vandag aangekondig is, is 78 gevalle in Windhoek aangemeld. Dit sluit twee leerlinge en twee onderwysers, twee gesondheidswerkers en drie werknemers van 'n plaaslike ouditeursfirma in. Die gevalle van ander streke sluit ses leerlinge, vier onderwysers en vier gesondheidswerkers in. Die gevalle van die Keetmanshoop-distrik sluit twee gevangenes, die in Otjiwarongo twee werknemers uit die mynbedryf en in Lüderitz vyf werknemers uit die visbedryf in.
Buiten vir die 78 in Windhoek is 11 in Okakarara, nege in Otjiwarongo, een in Okahandja, 13 in Lüderitz, vier in Keetmanshoop, twee in Karasburg, tien in Swakopmund, twee elk in onderskeidelik Usakos en Walvisbaai, vyf in Andara en een elk in onderskeidelik Aranos, Rehoboth, Khorixas en Oshakati in.
Nog tien mense het herstel wat die totaal op 13 949 te staan bring. Dit sluit ses uit Omahake en vier in Khomas in. Die aktiewe gevalle staan tans op 1 115, waarvan 12 baie ernstig of kritiek is. Dit sluit vyf baie ernstige gevalle en ses kritieke gevalle in Khomas en een kritieke geval in Erongo in.
Tot op hede is 165 214 weefselmonsters getoets, 3 465 kontakte word gemonitor en 574 mense is in kwarantyn. Die Covid-19-verwante sterftesyfer staan op 152.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie