77 nuwe gevalle, twee sterftes
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, het 77 nuwe gevalle van Covid-19 en twee Covid-19-verwante sterftes in die land aangekondig. Die twee sterftes sluit een in Windhoek (54-jarige man) en een in Okahandja (47-jarige man) in en bring die totaal op 119 te staan.
Uit die 77 nuwe gevalle is 37 mans en 40 vroue. Die jongste is twee jaar oud en die oudste 86 jaar oud. Uit die 77 nuwe gevalle is 50 in Windhoek, ses in Karasburg, een in Keetmanshoop, vyf in Rehoboth, een in Mariental, vyf in Okahandja, vier in Oshakati, twee in Omaruru en een elk in onderskeidelik Walvisbaai, Swakopmund en Tsumeb aangeteken.
Volgens Shangula het nog 51 mense herstel wat die totaal op 8 482 te staan bring. Dit sluit 40 in Khomas, agt in Oshikoto en drie in Omaheke in.
Uit die 2 139 aktiewe gevalle is 15 baie ernstig of kritiek. Dit sluit een baie ernstige en drie kritieke gevalle in Erongo en vier baie ernstige en sewe kritieke gevalle in Khomas in.
Huidig word 9 244 kontakte gemonitor, 92 943 weefselmonsters is tot op hede getoets en 964 mense is in kwarantyngeriewe oraloor in die land.
Shangula het inwoners gemaan om hulself te vergewis van die nuwe regulasies wat vanaf vandag geld en wat voorsiening maak vir swaar strawwe sou dit verontagsaam word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie