77 leerlinge van dieselfde skool toets binne vier dae positief vir Covid-19

19 October 2020 | Gesondheid
Nog agt leerlinge van die senior sekondêre skool Oshakati het positief vir Covid-19 getoets wat die totaal leerlinge van die skool wat positief getoets het binne vier dae op 77 te staan bring. Die adjunkminister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Esther Muinjangue het 33 nuwe gevalle vandag aangekondig. Dit sluit 20 mans en 13 vroue. Die jongste is twee jaar oud en die oudste 66 jaar uit.

Uit die 33 nuwe gevalle is nege in Oshakati, ses in Rundu, vyf in Okahandja, vier in Windhoek, twee in Walvisbaai en een elk in onderskeidelik Otjiwarongo, Outapi, Okahao, Onandjokwe, Engela, Rehoboth en Katima Mulilo aangeteken.

Volgens Muinjangue het nog vier mense herstel in Ohangwena herstel wat die totaal vir die land op 10 426 te staan bring. Die getal aktiewe gevalle staan tans op 1 769 waarvan vier baie ernstig of kritiek is. Dit sluit een baie ernstige en een kritieke geval in Erongo en een baie ernstige en een kritieke geval in Khomas in.

Die sterftesyfer bly op 33, tot op hede is 117 052 weefselmonsters getoets, 7 538 kontakte word gemonitor en tans is 1 070 mense in kwarantyngeriewe oraloor in die land.

Soortgelyk

 

Woede kook oor by Ngoma

14 ure gelede | Misdaad

Augetto Graig – Regeringsafgevaardigdes het laat Saterdagmiddag hul hande vol gehad om gemoedere by die Ngoma-grenspos te kalmeer toe ’n skare woedende inwoners uit die...

Totsiens, Shannon

14 ure gelede | Mense

Leandrea Louw op Walvisbaai – Roubeklaers het Saterdag in groot getalle opgedaag om finaal van me. Shannon Wasserfall (21) op Walvisbaai afskeid te neem.Sy is...

Nuwe ruimte vir naslaan, leer en lees

14 ure gelede | Geskiedenis

'n Splinternuwe mediategnologie-biblioteek is nou oop vir die publiek by die hoofkantoor van Namibia Media Holdings in Windhoek.Die herontwerpte argief is Vrydag amptelik in gebruik...

Vermoedelike reeksverkragter slaan weer toe

14 ure gelede | Misdaad

Kuskantoor – Die polisie in die Erongostreek ondersoek 'n voorval waar ’n aanvaller by ’n vrou (28) se huis in Walvisbaai ingebreek het, haar met...

Namibië se eerste Supra-vrou gekroon

14 ure gelede | Mense

Ná maande van intense mededinging is die 23-jarige Chanique Rabe Saterdagaand as die eerste Mej. Supranational Namibië bekroon. Saam met dié gesogte titel stap sy...

Antigeen-toetse vir reisigers na SA beskikbaar

14 ure gelede | Gesondheid

Antigeen-toetse om die coronavirus op te spoor, is volgens die Suid-Afrikaanse regering se inligtingsdiens (GCIS) by alle grensposte na die land beskikbaar.Dié toetse, wat van...

Regeringsbestuur: 'Prentjie lyk stroef'

14 ure gelede | Regering

Denver Kisting 'n Herhaling van die Fishrot-skandaal, die beweerde grootskaalse kaping van Namibiese viskwotas wat die afgelope jaar opspraak wek en twee oudministers agter tralies...

Seun (5) met kanker se gesin vra hulp

14 ure gelede | Mense

Ester KamatiDie Labuschagne-gesin op Otjiwarongo het onlangs die ontstellende nuus ontvang dat die vyfjarige Zu-Andre kanker het. Die diagnose het gevolg nadat bloed vroeg...

Sprinkaanplaag: SADC vra steun

14 ure gelede | Landbou

Elvira Hattingh - Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) het gister ’n beroep gedoen op steun in die stryd teen Afrika treksprinkane. Dit volg nadat altesaam tien...