75% van kliniese voorrade by Sentrale Mediese Store beskikbaar
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, sê 370 of 75% uit 493 aktiewe kliniese voorrade is tans in voorraad by die Sentrale Mediese Store (CMS). Van die wat nie nou in voorraad is nie, is daar volgens die minister genoeg hoeveelhede by gesondheidsgeriewe oraloor in die land.
Uit die 123 kliniese voorrade wat tans nie beskikbaar is nie, is 94 oftewel 76% op bestelling en 16 of 13% is volgens Shangula besig om aangekoop te word. Die oorblywende 11% is gekanselleer omdat verskaffers nie by afleweringsdatums gehou het nie. Die tenders hiervoor sal volgens hom weer adverteer word.
Die CMS en gevolglik die ministerie verskaf voorrade aan vier verwysingshospitale, 34 distrikshospitale, 44 gesondheidsentrums en 285 klinieke oraloor in die land.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie