73 nuwe Covid-19-gevalle
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) dr. Kalumbi Shangula sê 73 nuwe gevalle van Covid-19 is aangeteken wat die totaal op 485 te staan bring. Volgens Shangula is 72 gevalle van Walvisbaai en een geval in Windhoek. Laasgenoemde is 'n 44-jarige man wat vanaf Walvisbaai gereis het en sedert 27 Junie in kwarantyn in die hoofstad was.
Uit die 73 nuwe gevalle is 37 vroue en 36 mans. Die jongste geval is vyf jaar oud en die oudste geval 55 jaar oud. Volgens Shangula word 1 164 aktiewe kontakte gemonitor en is 11 299 weefselmonsters tot op hede getoets. Tans is 876 mense in kwarantyn in geriewe oraloor in die land.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie