71 sterftes, 1 372 nuwe gevalle
71 sterftes, 1 372 nuwe gevalle

71 sterftes, 1 372 nuwe gevalle

Henriette Lamprecht
Die Covid-sterftes skiet met 71 op tot 1 883. Windhoek het die hoogste getal naamlik 24, gevolg deur Keetmanshoop-distrik met 23 sterftes, Swakopmund-distrik ses sterftes, Walvisbaai-distrik vyf sterftes, Eenhana vier, Mariental en Otjiwarongo elk onderskeidelik drie sterftes, Katima twee en Onandjokwe een sterfte. In Windhoek het 15 mense tuis gesterf, in Swakopmund drie en in Katima Mulilo twee.
Uit die 1 372 nuwe gevalle was die meeste in Erongo (18%) gevolg deur Khomas met 17%. Onder die gevalle is 186 leerlinge, 25 onderwysers, 15 studente en 36 gesondheidswerkers. Uit al die gevalle het 22 (2%) hul eerste dosis entstof ontvang, met vier wat ten volle ingeënt is.
Tans is daar 24 377 waarvan 582 in die hospitaal en 113 in die ICU is. Tot op hede is 128 298 ingeënt waarvan 28 393 ten volle ingeënt is. Die herstelkoers is 74%.

Kommentaar

Republikein 2025-05-13

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer