7 nuwe Air Nam-vlugte in streek
Die nasionale redery brei sy vlugte van 30 Maart af uit.
Air Namibia is besig om sy houvas in die streek te verstewig.
Die nasionale lugredery se passasiertal op binnelandse roetes het die afgelope agt maande met 50% vermeerder.
Hy het aangekondig hy gaan van 30 Maart af sewe nuwe vlugte by sy binnelandse en streekroetes voeg.
Die redery sê in ‘n verklaring dié uitbreidings word gedoen om sy dienslewering te verbeter en sy kapasiteit te vergroot op roetes waar die aanvraag groot is. Verder pas hy ook sy vlugskedule aan na dae wat passasiers die beste pas.
Vlugte op die Eros-Ondangwa-roete vermeerder van 17 na 20 per week, met die ekstra vlugte wat op Woensdae, Vrydae en Sondae sal plaasvind.
Die vlugte van dié lughawe na Katima Mulilo vermeerder van vier na vyf, met ‘n retoervlug op Donderdae.
Daar sal voortaan vier vlugte per week na Rundu wees, met ‘n retoervlug op Maandae.
Op die Walvisbaai-Ondangwa-roete sal Air Namibia steeds drie vlugte per week hê, maar voortaan op Vrydae, Sondae en Woensdae pleks van Saturdae, Dinsdae en Donderdae.
Vlugte na Lusaka vermeerder na vier per week – op Sondae, Maandae, Woensdae en Vrydae.
Wat Harare betref, vermeerder die vlugte ook na vier per week – op Sondae, Maandae, Woensdae en Vrydae.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie