7 'geheime' funksies van Google se Chrome
Net net om die gebruik vinniger te maak nie, maar om selfs minder data te gebruik.
Petrus Malherbe - Google se Chrome is sonder twyfel die wêreld se gewildste webblaaier met 'n markaandeel van minstens 65%.
Die webblaaier is betroubaar, werk op die meeste rekenaars en slimfone en word gereeld bygewerk en verbeter.
Sonder talle gebruikers se medewete beskik Google se Chrome egter ook oor verskeie versteekte funksies wat nie help om die webblaaier en die gebruik daarvan vinniger te maak nie, maar om selfs minder data te gebruik.
Hier is sewe “geheime” funksies van Chrome.
1. Spaar baie data met min moeite
Een van die lekkerste funksies van Chrome is die talle toevoegings (extentions) wat jy kan aktiveer. Google se eie Data Saver-toepassing pers webblaaie saam sodat dit minder data gebruik. Dit hou ook boek van hoeveel data al die webblaaie wat jy besoek, gebruik.
Nóg 'n bonus is dat die saamgeperste webblaaie ook vinniger sal laai, wat jou ervaring veral op netwerke met 'n laer spoed sal verbeter.
Gaan na die Chrome Web Store om dit te installeer.
2. Verleng jou batterylewe
Bykomend tot die funksie waarmee jy data kan bespaar, kan jy ook jou toestel se batterylewe verleng deur in Google Chrome se verstellings te gaan rondkrap.
Chrome is berug daarvoor dat dit ontsettend baie verwerkingspoed benodig, wat jou skootrekenaar se battery gou-gou kan leegtap. Jy kan 'n bietjie batterylewe spaar deur te keer dat Chrome deurentyd op die agtergrond loop.
Gaan na “Settings” en dan na “System” en deaktiveer die funksie “Continue running background apps when Google Chrome is closed”.
3. Maak sommige “tabs” permanent oop
As jy as deel van jou dagtake elke dag dieselfde webwerwe besoek, sal dit jou baie tyd en moeite spaar indien dié blaaie outomaties laai sodra jy Chrome die eerste keer vir die dag oopmaak.
Selfs al hou jy net daarvan om dieselfde webwerwe, soos Facebook, elke dag te besoek, kan jy dit stel dat dit outomaties oopmaak.
As jy 'n webwerf aan die boonste balkie wil pen, klik regs daarop en druk die letter “p” op jou toetsbord.
4. Bring toegemaakte “tabs” terug
Dit het al met ons almal gebeur. Jy is so doenig op Chrome dat jy per ongeluk 'n belangrike webblad toemaak wat jy eintlik nog besig was om te lees. Moenie vrees nie; Chrome onthou die laaste tien tabs wat jy oopgehad het.
Indien jy enigsins 'n tab weer uit die dode wil oproep, druk bloot Ctrl+Shift+T op jou toetsbord. Sou jy talle webblaaie terselfdertyd oop hê, kan jy ook maklik tussen hulle rondbeweeg deur Ctrl+Tab op jou toetsbord te druk.
5. Bepaal self waar Chrome lêers op jou rekenaar stoor
Baie gebruikers sal verkies dat Chrome lêers op hul werkskerm (desktop) stoor, maar die webblaaier stoor dit as 'n reël in jou aflaailêer (downloads).
Jy kan dit egter verander deur te gaan na “Settings”, “Show Advanced Settings” en dan onder “Downloads” jou gekose lêer te kies.
6. Maak maklik somme
Wil jy gou uitvind wat 255 minus 37 is? Of hoeveel gram in 'n ons botter is? Met Chrome kan eintlik enige som of omskakeling regstreeks in die soekbalkie uitgevoer word.
Hoeveel dollars sal jy vir R1 000 kan kry? Tik bloot “1 000 rand in dollar” in die soekbalkie en Google sal die antwoord verskaf. Hoewel dié syfer na benadering is, spaar dit baie tyd.
7. Hope versteekte pret
Chrome is propvol sogenaamde easter eggs, oftewel versteekte funksies waarop gebruikers gewoonlik toevallig afkom. Kyk 'n bietjie wat gebeur as jy die woord “barrel roll” in Chrome in die soekbalkie intik. Dieselfde geld vir “zerg rush” (dit kan jou dalk ure besig hou) en “super mario bros” (klik op die vraagteken!).
Moet ook nie skrik as jy die woord “askew” google en jou skerm word skielik skuins getrek nie.
Die lekkerste van al Chrome se versteekte funksies bly egter die speletjie wat jy kan speel as jou toestel nie aan die internet verbind is nie.
In so geval sal 'n dinosourus verskyn met die woorde “You are offline”. Druk op die spasiebalk en kyk wat gebeur. Jy mag dalk kort voor lank heeltemal vergeet jou internetverbinding werk nie.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie