69 nuwe gevalle stoot bevestigde gevalle op tot 1 687
Die aantal bevestigde Covid-19-gevalle in die land het vandag met 69 tot 1 687 opgeskuif. Volgens die minister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) dr. Kalumbi Shangula is 50 van Walvisbaai, vyf van Swakopmund, vyf van Windhoek, drie van Keetmanshoop, twee in Oshakati, een in Onandjokwe, een Opuwo en een in Katima Mulilo.
Uit die 69 is 33 vroue en 36 mans. Die jongste is sewe maande oud en die oudste 58 jaar oud.
Die gevalle in Keetmanshoop is oorgrens-vragmotorbestuurders. In Windhoek is die gevalle soos volg: 'n 21-jarige vrou wat van Walvisbaai met openbare vervoer gereis het en in die hoofstad kwarantyn is, 'n 56-jarige vrou en personeellid van die Windhoek Sentrale Hospitaal wat in kontak was met kollegas wat bevestigde gevalle is, sy was laas op 20 Julie by die werk en het Covid-19-simptome getoon. Die res van die gevalle word volgens Shangula opgevolg.
Die gevalle in Oshakati is kontakte van 'n bevestigde geval in die Oshanastreek en was in kwarantyn. Die geval in Onandjokwe is 'n 43-jarige man wat by die hospitaal gevra het om getoets te word omdat hy vir werk na Walvisbaai moes terugkeer. Hy het die hawedorp in Mei 2020 verlaat en was in die Noorde.
Die geval in Opuwo is 'n 27-jarige vrou wat haar baba na die kliniek vir behandeling geneem het. Sy is deel van 'n aktiewe gevallesoektog getoets en het geen reisgeskiedenis of simptome nie.
Die geval in Katima Mulilo is 'n kontak van 'n bevestigde geval.
Uit die tien gevalle wat gister in Windhoek aangekondig is, is vier gevalle wat onlangs van die buiteland teruggekeer het en in kwarantyn was. Een is 'n opsigter by kwarantyngeriewe waar hy ook in kwarantyn was. Vier is personeellede by die Windhoek Sentrale Hospitaal, een is 'n pasiënt in 'n private hospitaal met geen kontak met 'n bevestigde geval of enige reisgeskiedenis nie.
Die aantal aktiewe gevalle staan tans op 1 608 en 72 mense het herstel. Tot op hede is 20 887 weefselmonsters getoets en is 638 mense in kwarantyn in geriewe oraloor in die land.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie