69 nuwe gevalle, een sterfte
Uit 1 133 weefselmonsters wat getoets is, het 69 (6,1%) positief vir Covid-19 getoets. Volgens die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, sluit dit 50 mans en 19 vroue in. Die jongste is een maand oud en die oudste 58 jaar oud. Dit sluit 30 gevalle in Windhoek 28 in Oshakati, drie elk in onderskeidelik Okahandja en Mariental, een elk in onderskeidelik Karasburg, Lüderitz en Walvisbaai en twee in Gobabis in.
Volgens Shangula sluit die gevalle in Windhoek leerlinge van verskeie skole, gevangenes en korrektiewe beamptes in. Op Oshakati bestaan die 28 gevalle uit 26 gevangenes en twee beamptes.
Shangula sê nog 25 mense het herstel wat die totaal op 10 145 te staan bring. Dit sluit 24 in Khomas en een in Ohangwena in.
Tans is daar 1 749 aktiewe gevalle waarvan sewe baie ernstig of kritiek is. Dit sluit twee kritieke gevalle in Erongo en een baie ernstige en vier kritieke gevalle in Khomas in. Shangula het ook die Covid-19-verwante sterfte van 'n 68-jarige man van Windhoek met onderliggende mediese toestande aangekondig. Dit bring die totaal op 130.
Tans word 7 736 kontakte gemonitor, 112 448 weefselmonsters is tot op hede getoets en huidig is 1 101 mense in kwarantyngeriewe oraloor in die land.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie