63 sterftes, 467 nuwe gevalle

21 July 2021 | Gesondheid
Die Covid-sterftesyfer styg met 63 tot 2 620. Die meeste sterftes was in die Rehoboth-distrik en wel 14, gevolg deur Oshakati-distrik met 13, Engela-distrik met agt, Outapi-distrik met sewe, Tsandi-, Windhoek- en Swakopmund-distrikte met drie elk, Rundu-, Tsumeb-, Otjiwarongo-, en Okakarara-distrikte met twee elk en Outjo-, Mariental-, Katima Mulilo- en Nyangana-distrikte met een elk. Onder die sterftes was 18 tuis waaronder al 13 sterftes in Oshakati. Sewe mense is met hul aankoms by gesondheidsgeriewe dood, waarvan ses van Rehoboth was. Twee swanger vroue wat nie ingeënt was nie, het ook gesterf. Twee van die gevalle het net een dosis van die entstof ontvang.
Gister is 467 nuwe gevalle aangemeld uit 12 streke, met Khomas wat die meeste gevalle (28%) het, gevolg deur Omusati met 21%. Die positiewe koers is 24%. Onder die nuwe gevalle is 67 leerlinge, vier onderwysers, sewe studente en 13 gesondheidswerkers. Uit al die gevalle het 23 (5%) een dosis entstof ontvang, waarvan twee ten volle ingeënt is.
Die aktiewe gevalle staan op 21 075 waarvan 565 in die hospitaal en 115 in die ICU is. Tot op hede is 138 521 mense teen Covid-19 ingeënt waarvan 37 516 reeds 'n tweede dosis ontvang het. Die herstelkoers is 79%.

Soortgelyk

 

Aandklokreël opgehef

1 uur gelede | Regering

President Hage Geingob het die aandklokreël amptelik as deel van die nuwe Covid-19-regulasies opgehef. Openbare byeenkomste kan deur 200 persone bygewoon word, so ook dieselfde...

Creativity and mental health: Where do we overstep

12 ure gelede | Gesondheid

Kalistu R Mukoroli, PR and brand strategistWe tend to preach about being creative, but isn’t this contributing to mental health issues? Creative people always push...

Tourism mogul driven by passion

12 ure gelede | Toerisme

Iréne-Mari van der Walt Part-owner of Swakop Cycle Tours Paul Ndjambula says despite his business being conceptualised during his time as an intern, it took...

Kalahari se water in die gedrang

12 ure gelede | Omgewing

Frank Steffen en Brigitte Weidlich – “Dit mag eenvoudig nie gebeur nie! Maak nie saak hoe jy uitloogproses benader nie, hierdie unieke kom sal onvermydelik...

Etosha se brand geblus

12 ure gelede |

Tanja Bause – Die veldbrand wat sedert Maandag in Etosha gewoed het, is eindelik gister onder beheer gekry. Volgens die woordvoerder van die ministerie van...

Professionele jagters se bewaringswerk

12 ure gelede | Toerisme

Emmanuel Koro, Johannesburg – Ná die verwoestende uitwerking van die Covid-19-pandemie op die Namibiese jag- en fotosafari-bedryf, het jagsyfers vanjaar ietwat verbeter. Terwyl sowat 5...

Jessica Ashley stel vandag enkelsnit vry

12 ure gelede | Byvoegsels

Die jong sangeres Jessica Ashley (Strydom) van Swakopmund stel vandag haar eerste enkelsnit – wat sy self geskryf het – vry. Die lied “Only 9”...

'n Liefdesgedig aan bedreigde spesies

12 ure gelede | Byvoegsels

Yandi du Plessis Wilde Kind se vollengte studio-album Omhanda is gister op alle stromingsplatforms uitgereik.“Omhanda” is die Oshiwambo-woord vir renoster. “Renosters is spesiaal vir Namibië...

Voortrekkers ná 90 jaar nog op koers

12 ure gelede | Byvoegsels

Die Windhoek-Schlengemann-kommando van die Namibiese Voortrekkers bied vanaand, in samewerking met Netwerk Namibië en Windhoek Afrikaanse Privaatskool, 'n plaaslike vertoning van die aanlyn konsert, Hou...