61 gevangenes toets positief vir Covid-19
61 gevangenes toets positief vir Covid-19

61 gevangenes toets positief vir Covid-19

Henriette Lamprecht
Uit die 107 nuwe Covid-19-gevalle wat vandag aangekondig is, is 61 gevangenes. Dit sluit se in Rundu en 55 in Windhoek in. Volgens die uitvoerende direkteur van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste, mnr. Ben Nangombe, is 79 uit die 107 nuwe gevalle mans en 28 vroue. Die jongste is een jaar oud en die oudste 72 jaar oud.

Uit die 107 nuwe gevalle is 82 in Windhoek, ses in Swakopmund, vyf in Walvisbaai, sewe in Rundu, twee in Okahandja en een elk in onderskeidelik Mariental, Rehoboth, Karasburg, Gobabis en Katima Mulilo aangemeld

Volgens Nangombe het nog 268 mense herstel wat die totaal op 9 351 te staan bring. Dit sluit 260 in Khomas, vyf in Erongo, twee in Hardap en een in Ohangwena in.

Die land het huidig 2 006 aktiewe gevalle waarvan nege baie ernstig of kritiek is. Dit sluit een kritieke geval in Erongo en twee baie ernstige en ses kritieke gevalle in Khomas in.

Die sterftesyfer staan op 123, 9 662 kontaktakte word gemonitor en 100 721 weefselmonsters is tot op hede getoets.

Kommentaar

Republikein 2025-12-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer