6 sterftes, 179 gevalle
6 sterftes, 179 gevalle

6 sterftes, 179 gevalle

Henriette Lamprecht
Ses Covid-19-verwante sterftes - twee in Otjiwarongo en een elk in onderskeidelik Rundu, Oshakati, Tsandi en Keetmanshoop - is vandag aangekondig en stoot die totaal vir die land op na 456. Nuwe gevalle is 179 waarvan 77 leerlinge, ses gesondheidswerkers en ses onderwysers is.

Die aktiewe gevalle staan op 2 129 waarvan 150 in die hospitaal en 29 in die ICU is. Nog 113 mense het herstel wat die totaal op 38 217 te staan bring. Tans word 3 816 kontakte gemonitor en 1 703 mense is in kwarantyn.

Kommentaar

Republikein 2026-05-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer