59 SA spelers registreer vir IPL
Die 12de weergawe van die Indiese Premeirliga (IPL) begin op 23 Maart 2019
Meer as 1 000 krieketspelers het wêreldwyd geregistreer vir die Indiese Premierliga se spelersveiling wat op 18 Desember plaasvind.
Volgens die IPL se amptelike webtuiste het 1 003 spelers, wat 232 oorsese name insluit, hulle beskikbaar gemaak vir 2019 se toernooi. Die meeste spelers is van Indië, gevolg deur Suid-Afrika se 59 spelers.
Uit die 1 003 spelers wat spook om die 70 beskikbare plekke te vul, het 200 reeds in die IPL gespeel, 800 was nog nie in die toernooi in aksie nie en drie spelers verteenwoordig IKR-lidlande.
Van die 800 groentjies, is 747 Indiërs. Franchises het tot Maandag 10 Desember om hul kortlys in te handig met die finale name vir die spelersveiling.
Faf du Plessis, kaptein van die Proteas, is vir volgende jaar deur die Chennai Super Kings behou, terwyl die Mumbai Indians die dienste van die paaltjiewagter-kolwer Quinton de Kock bekom het.
Die 232 oorsese spelers: Afghanistan - 27; Australië - 35; Bangladesj - 10; Engeland - 14; Hongkong - 1; Ierland - 1; Nederland - 1; Nieu-Seeland - 17; Suid-Afrika - 59; Sri Lanka - 28; VSA - 1; Wes Indiese Eilande - 33; Zimbabwe - 5. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie