55 sterftes, 1 309 gevalle
Die Covid-sterftesyfer vir Namibië staan op 1 279 nadat 55 nuwe sterftes - 15 in Rehoboth, 11 in Swakopmund, vyf in Keetmanshoop, vier in Mariental, drie in Okahandja, twee elk in onderskeidelik Rundu, Oshikuku, Windhoek, Okahao, Onandjokwe en Omaruru en een elk in onderskeidelik Lüderitz, Okakarara, Grootfontein, Katima Mulilo en Usakos - gister aangeteken is. Geen van die sterfgevalle was teen Covid ingeënt nie en drie het tuis gesterf. Uit die 1 309 nuwe gevalle, 'n positiewe koers van 38%, is 151 leerlinge, 25 gesondheidswerkers, 26 onderwysers en 25 studente. Khomas is verantwoordelik vir 40% van die gevalle (561).
Die aktiewe gevalle staan tans op 15 407 waarvan 528 in die hospitaal en 94 in die ICU is. Tot op hede is 110 597 mense teen Covid-19 ingeënt en staan die herstelkoers op 79%.
Die aktiewe gevalle staan tans op 15 407 waarvan 528 in die hospitaal en 94 in die ICU is. Tot op hede is 110 597 mense teen Covid-19 ingeënt en staan die herstelkoers op 79%.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie