54 sterftes, 1 364 gevalle
54 sterftes, 1 364 gevalle

54 sterftes, 1 364 gevalle

Henriette Lamprecht
Die Covid-sterftes styg met 54 waarvan Windhoek die meeste het (25) en waarvan drie tuis gesterf het. Engela het drie (1 tuissterfte), Swakopmund sewe, Onandjokwe vyf, Katima Mulilo vier, Outapi twee en Opuwo twee, en Omuthiya, Tsumeb, Khorixas, Walvisbaai Gobabis en Okahandja sterftes aangeteken. Twee het die eerste dosis AstraZeneca ontvang. Die totaal vir die land staan nou op 1 521.
Uit die 1 364 nuwe gevalle is 219 leerlinge, 32 studente, 23 onderwysers en 20 gesondheidswerkers. Die positiewe koers is 43%. Uit al die gevalle het 34 (2,5%) een dosis entstof ontvang, terwyl vier ten volle ingeënt was.
Tans is daar 21 055 aktiewe gevalle waarvan 561 in die hospitaal en 91 in die ICU is. Die herstelkoers staan op 75% en tot op hede is 119 571 mense teen Covid-19 ingeënt.

Kommentaar

Republikein 2025-05-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer