53 renosters al vanjaar gestroop
Stropers het in die Suide toegeslaan, en die Teenkorrupsie-kommissie het 'n man vasgetrek wat glo 'n polisiebeampte probeer omkoop het.
Francoise Steynberg -'n Onthoringde renoster is in die Suide gestroop en nog een is gekwes.
Nadat dié renosterkarkas verlede naweek in die Hardapstreek gevind is, bring dit die totaal van renosters vanjaar in Namibië gestroop op 53 te staan.
"Die gekweste renoster was gelukkig nie in 'n kritieke toestand nie en is dadelik deur 'n veearts behandel," het die woordvoerder van die ministerie van die omgewing en toerisme, mnr. Romeo Muyunda, gesê.
Hy het bevestig dit gaan goed met die gekweste renoster. Weens veiligheidsredes word die plek waar die voorval plaasgevind het, nie verskaf nie.
"Sekuriteitsmaatreëls sal in die omgewing opgeskerp word om verdere stropery te voorkom," het Muyunda gesê.
Die saak word deur die teenstropingseenheid van die Namibiese polisie ondersoek, maar gister het die Namibiese polisie se koördineerder van misdaadondersoeke in die Hardapsteeek, adj.komm. Eric Clay, bevestig geen verdagtes is sedertdien in hegtenis geneem nie.
Intussen het die Teenkorrupsiekommissie (ACC) Saterdag 'n werke-inspekteur van die ministerie van onderwys en kultuur van Mariental in verband met omkopery in hegtenis geneem.
Die verdagte het glo probeer om omkoopgeld van N$7 000 aan 'n polisiebeampte in die teenwoordigheid van 'n geheime ACC-beampte te betaal sodat die verdagte se oom op borgtog vrygelaat word. Sy oom is tans in aanhouding in verband met sake van renosterstropery, asook die onwettige besit van wapens en ammunisie. Sy borgtogverhoor sal vandeesweek plaasvind.
Die ACC sê in 'n mediaverklaring meer inligting sal ná die verdagte se hofverskying bekend gemaak word. Die ondersoek duur voort.
Volgens Muyunda staan die stropingsyfer vir olifante vir vanjaar tans op 26. Volgens statistieke word meer olifante as renosters jaarliks in die land gestroop.
Intussen het China, die land met die meeste verbruikers van renosterhorings, verlede week aangekondig die land gaan nou strenger beheer oor die gebruik van en handel in renosters, tiere en hul byprodukte afdwing.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie