497 nuwe erwe in Rocky Crest
Twee nuwe woonbuurte gaan in Rocky Crest verrys om vir behuisingsbehoeftes in die hoofstad voorsiening te maak.
Ronelle Rademeyer
Groot uitbreidings kom by Rocky Crest met altesaam 497 erwe wat in die nuwe uitbreidings 5 en 7 uitgesit en ontwikkel gaan word.
Dit is daarop gemik om woonerwe vir mense in die middelinkomste-groep beskikbaar te stel.
Die stadsraad van Windhoek het tydens sy raadsitting verlede Donderdagaand goedkeuring verleen dat die ontwikkelings mag voortgaan.
Altesaam 307 erwe gaan in uitbreiding 5, wat 43 hektaar beslaan, ontwikkel word. Hiervan sal 256 residensiële erwe wees. Op die ander erwe sal vir 'n vulstasie, speelparkies en 'n private skool voorsiening gemaak word.
Op die 21 hektaar grond in uitbreiding 7 sal 190 erwe gediens word, waarvan 175 woonerwe is met 'n grootte van sowat 400 vierkante meter elk.
Beide hierdie uitbreidings is wes van Pionierspark uitbreiding 1. Rocky Crest uitbreiding 5 is langs die westelike verbypad geleë, met uitbreiding 7 wat wes van die oorspronklike Rocky Crest-woonbuurt ontwikkel gaan word.
In laasgenoemde uitbreiding is twee erwe geoormerk vir die ontwikkeling van 'n gemeenskapsentrum en 'n inkoopsentrum vir dié woonbuurt.
Volgens die munisipaliteit moet die proklamasie nou geskied – 'n proses wat ses maande of langer kan duur. Die verwagting is dat die erwe oor sowat twee jaar op tender uitgesit sal word.
Wat die aanlê van munisipale dienste na die erwe in uitbreiding 5 betref, sal die munisipaliteit dit ingevolge 'n vennootskapsooreenkoms met Waterberg Investment doen.
Vir uitbreiding 7 sal die munisipaliteit self pa staan.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie