48 gevalle van mensehandel aangeteken
Die eerste geval van mensehandel is in 2010 in Namibië aangemeld.
Tot op hede is 48 gevalle van mensehandel landswyd in Namibië aangeteken.
Hiervan is 13 gevalle gefinaliseer, 15 word steeds ondersoek en 20 is op die hofrol. Uit die 13 sake wat gefinaliseer is, het vier tot 'n vonnis gelei. Die eerste geval van mensehandel is in 2010 in Namibië aangemeld. Mensehandel is volgens die Namibiese polisie 'n ernstige wêreldwye verskynsel waartydens mans, vroue en kinders gekoop en as kommoditeite van een gebied na 'n ander gesmokkel en uitgebuit word. In die meeste gevalle word werksgeleenthede plaaslik of in die buiteland aangebied. Visums en vliegtuigkaartjies word verskaf en met die persoon se aankoms in die buiteland, word alle persoonlike dokumente afgevat. Volgens die polisie word persone dikwels gedwing om deur die dag huiswerk te doen en saans met dwelms handel te dryf of as prostitute te werk.
Met verwysing na plaaslike gevalle is Henock Kaveto in Oktober verlede jaar in die hoërhof skuldig bevind aan die oortreding van die arbeidswet nadat hy 'n minderjarige vir kinderarbeid misbruik het. Hy is tot drie jaar tronkstraf of 'n boete van N$12 000 gevonnis. In dieselfde tyd is Bertrus John Koch ook in die hoërhof op klagte van kinderhandel skuldig bevind en 'n vonnis van agt jaar tronkstraf opgelê. In Februarie vanjaar is die Suid-Afrikaner Dragon Vujicin skuldig bevind op drie klagte van kinderhandel en sewe klagte van verkragting. Hy is tot 'n totaal van 35 jaar tronkstraf vir die klagte van verkragting en kinderhandel gevonnis.
David Nauyala Shoombe is in 2017 tot 'n jaar tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan mensehandel en gedwonge arbeid.
Volgens 'n verklaring deur die Namibiese polisie is daar verskillende soorte mensehandel en wel kinderhandel, handel vir arbeid en organe, sowel as die kommersiële seksuele uitbuiting van kinders.
Persone wat hulle aan mensehandel skuldig maak, gebruik verskeie metodes om hul slagoffers te werf. Een sluit in om weerlose mense, veral vroue en kinders, te teiken.
In Namibië word die wet op die voorkoming van georganiseerde misdaad (POCA) gebruik om alle vorme van mensehandel hok te slaan. POCA word ondersteun deur die verbod op gedwonge arbeid soos vervat in die arbeidswet, sowel as kinderhandel, wat in die kinderbeskermingswet uiteengesit word.
Die polisie maan in sy verklaring mensehandel is 'n ernstige skending van menseregte wat mense oraloor die wêreld raak.
“As 'n nasie moet ons 'n aktiewe en allesomvattende benadering teen dié misdaad inneem,” lui die verklaring. Dit sê voorts vroue, kinders en ook mans moet ingelig word oor enige gedwonge arbeid en nie sonder meer tot plaaslike en internasionale werksgeleenthede instem nie. Enigiemand wat inligting oor beweerde mensehandel het, kan die naaste polisiekantoor of kantoor van die minsterie van geslagsgelykheid en kinderwelsyn kontak. Alternatiewelik kan die plaaslike Interpolburo by (061) 209 3269/70 geskakel word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie