46 sterftes, 784 nuwe gevalle
46 sterftes, 784 nuwe gevalle

46 sterftes, 784 nuwe gevalle

Henriette Lamprecht
Die Covid-sterftes styg met 46 tot 2 760. Die meeste was in die Oshakati-distrik en wel nege, gevolg deur Windhoek en Mariental met ses elk, Luderitz en Keetmanshoop met vier elk, Swakopmund en Katima Mulilo drie elk, Tsumeb, Otjiwarongo en Rundu twee elk en Engela, Tsandi, Okongo, Grootfontein en Walvisbaai met een elk. Nege was tuissterftes waarvan een 'n vragmotorbestuurder wat in sy vragmotor gesterf het. Al die sterftes was in Julie. Vier was in die tydperk 1 tot 11 Julie, 37 in die tydperk 12 tot 21 Julie en vyf op 22 Julie.
Gister is 784 nuwe gevalle aangeteken, 'n positiewe koers van 27%. Die meeste is in Oshana met 16% van die gevalle, gevolg deur Erongo met 14%. Onder die gevalle is 65 leerlinge, 12 onderwysers, agt studente en 26 gesondheidswerkers. Uit al die gevalle het 22 (3%) een dosis ontvang, terwyl drie ten volle ingeënt was.
Tot op hede is 147 460 mense teen Covid ingeënt, waarvan 42 825 ten volle ingeënt is. Die herstelkoers staan op 79%.

Kommentaar

Republikein 2025-05-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer