45 sterftes, 495 nuwe gevalle
45 sterftes, 495 nuwe gevalle

45 sterftes, 495 nuwe gevalle

Henriette Lamprecht
Die Covid-sterftesyfer styg met 45 tot 2 665. Die meeste van die sterftes (43) is in Julie aangeteken, maar twee sterftes was op onderskeidelik 27 en 28 Junie. Nege van die mense het tussen 1 tot 11 Julie gesterf, 28 tussen 12 tot 19 Julie en ses van 20 tot 21 Julie. Gister is 495 nuwe gevalle aangeteken, positiewe koers van 27%, met die meeste in Khomas (26%) gevolg deur Zambezi met 17%. Dit sluit 42 leerling, vier onderwysers, ses studente en sewe gesondheidswerkers in. Nege van die gevalle (2%) het hul eerste dosis entstof ontvang. Niemand was ten volle ingeënt nie.
Die aktiewe gevalle staan op 21 236 waarvan 547 in die hospitaal en 119 in die ICU is. Tot op hede is 140 950 mense teen Covid-19 ingeënt waarvan 39 851 hul tweede dosis ontvang het. Die herstelkoers staan op 79%.

Kommentaar

Republikein 2025-05-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer