45 sterftes, 1 944 gevalle
45 sterftes, 1 944 gevalle

45 sterftes, 1 944 gevalle

Henriette Lamprecht
Nog 45 Covid-sterftes is in die land aangeteken waarvan 24 in Gobabis was (vier het tuis gesterf), sewe in Windhoek, vyf in Swakopmund (een het tuis gesterf), vier in Okahandja, twee in Otjiwarongo, een wat tuis gesterf het in Grootfontein en een elk in onderskeidelik Omaruru en Katima Mulilo. Twee van die gevalle het hul eerste dosis AstraZeneca-entstof ontvang. Die totaal staan nou op 1 445 vir die land.
Vandag se gevalle is 1 944 waarvan 317 leerlinge, 91 onderwysers, 55 studente en 44 gesondheidswerkers is. Die positiewe koers is 46%. Uit die bevestigde gevalle het net 42 (2%) al een dosis entstof ontvang.
Tans is daar 20 293 aktiewe gevalle waarvan 555 in die hospitaal en 81 in die ICU is. Die herstelkoers staan op 75%.
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste het intussen beklemtoon die immuniseringsveldtog is nie afgestel nie
"Die ministerie gaan voort met die immunisering van soveel as moontlik mense met die eerste dosis, terwyl die tweede dosis toegedien sal word wanneer die volgende besending in Julie ontvang word," het dr. Kalumbi Shangula gesê.

Kommentaar

Republikein 2025-05-09

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer