45 nuwe gevalle van Covid-19 aangeteken
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste dr. Kalumbi Shangula het 45 nuwe gevalle van Covid-19 aangekondig. Dit bring die totaal op 713 gevalle van Covid-19 in Namibië. Volgens Shangula is 28 vroue en 17 mans. Die jongste is 1 jaar oud en die oudste 59 jaar oud. Tot op hede is 12 790 weefselmonsters getoets en is 781 mense tans in kwarantyn in geriewe oraloor in die land.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie