43 sterftes, 326 nuwe gevalle
43 sterftes, 326 nuwe gevalle

43 sterftes, 326 nuwe gevalle

Henriette Lamprecht
Die Covid-sterftes styg met 43 tot 2 970. Oshakati-distrik het die hoogste getal en wel agt, gevolg deur Swakopmund met ses,
Rehoboth, Tsandi en Otjiwarongo-distrikte met vier elk, Windhoek en Onandjokwe-distrikte met drie elk, Okahao, Outapi, Walvisbaai en Grootfontein-distrikte met twee elk en Opuwo, Outjo en Rundu-distrikte met een elk. Ses was tuissterftes - vier in Rehoboth, een in Tsandi en een in Windhoek. Drie persone is met hul aankoms by die hospitaal dood - een in Tsandi en twee in Grootfontein. Nie een van die sterfgevalle is ingeënt nie. Al die sterftes was in Julie - 13 tussen 9 tot 19 Julie, 24 tussen 20 tot 26 Julie en ses tussen 27 tot 28 Julie.
Gister is 326 nuwe gevalle aangemeld, 'n positiewe koers van 18%. Die meeste gevalle is in Khomas (18%), gevolg deur Oshana (17%) en Otjozondjupa (14%). Onder die gevalle is 29 leerlinge, drie onderwysers en 13 gesondheidswerkers. Sewe gevalle is ingeënt waarvan een twee dosisse ontvang het. Die aktiewe gevalle staan op 20 503 waarvan 460 in die hospitaal en en 80 in die ICU is.
Tot op hede is 156 942 mense ingeënt waarvan 47 161 twee dosisse ontvang het. Die herstelkoers staan op 80%.

Kommentaar

Republikein 2025-05-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer