41 gevalle, een sterfte
41 gevalle, een sterfte

41 gevalle, een sterfte

Henriette Lamprecht
Vandag is 41 gevalle en een sterfte in Walvisbaai aangeteken. Die sterftesyfer vir die land staan nou op 378. Onder die 41 nuwe gevalle is twee gesondheidswerkers, 15 leerlinge en twee werknemers in die mynbedryf.

Nog 103 het herstel wat die totaal op 33 778 en 'n herstelkoers van 96% vir Namibië. Dit sluit 70 in Erongo, 22 in Khomas, agt in Ohangwena en drie in Omusati in.

Die aktiewe gevalle staan op 1 079 waarvan 111 in die hospitaal en 15 in intensiewesorgeenhede (ICU's) is. In Khomas is 47 in die hospitaal en tien in ICU, in Erongo is 22 in die hospitaal en vier in ICU en in Omusati is agt in die hospitaal.

Tot op hede is 277 884 weefselmonsters getoets, 3 890 kontakte word gemonitor en 1 147 mense is in kwarantyn.

Kommentaar

Republikein 2025-12-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer