40 sterftes, 1 178 nuwe gevalle
40 sterftes, 1 178 nuwe gevalle

40 sterftes, 1 178 nuwe gevalle

Henriette Lamprecht
Veertig nuwe sterftes in agt distrikte is Vrydag aangeteken, 11 het tuis gesterf. Die meeste was in die Okahandja-distrik en wel 11 (5 het tuis gesterf), gevolg deur Rehoboth met tien sterftes. Swakopmund het agt sterftes aangeteken waarvan drie tuis was. Rundu het vier (een tuissterfte) en Mariental drie waarvan een tuis gesterf het. Engela het twee waarvan een tuis was. Windhoek en Tsandi het elk een aangeteken. Nie een van die sterftes was teen Covid-19 ingeënt nie.
Gister is 1 178 nuwe gevalle (positiewe koers van 37%) aangeteken, met Erongo die hoogste aantal (28%) gevolg deur Khomas met 19%. Onder die gevalle is 176 leerlinge, 32 onderwysers, 25 studente en 28 gesondheidswerkers. Van al die gevalle het 13 (1%) een dosis entstof ontvang, met geen gevalle wat ten volle ingeënt was nie. Tans is daar 22 738 aktiewe gevalle waarvan 546 in die hospitaal en 104 in ICU is.
Die herstelkoers is 74% en 123 439 het al hul eerste dosis entstof ontvang, terwyl 25 793 ten volle ingeënt is.

Kommentaar

Republikein 2025-05-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer