390 nuwe gevalle, agt sterftes
390 nuwe gevalle, agt sterftes

390 nuwe gevalle, agt sterftes

Henriette Lamprecht
Agt Covid-19-verwante sterftes - vier in Oshakati, twee in Windhoek en een elk in Swakopmund en Rundu - het die totaal vir die land opgestoot tot 293.

Vandag se 390 gevalle is in al 14 streke aangeteken en sluit 29 gesondheidswerkers in. Uit die 390 nuwe gevalle was onder meer 170 in Windhoek, 90 in Oshakati, 21 in Lüderitz, 12 in Walvisbaai en tien in Katima Mulilo.

Nog 562 mense het herstel wat die totaal opstoot na 27 493 en wat 'n herstelkoers van 89% is. Dit sluit 299 in //Kharas, 114 in Khomas, 63 in Omaheke, 42 in Omusati, 27 in Hardap, nege in Zambezi en agt in Otjozondjupa in.

Die aktiewe gevalle staan op 2 962 waarvan 273 in die hospitaal en 28 in intensiewesorgeenhede (ICU's) is. In Khomas is 91 mense in die hospitaal en 23 in ICU, terwy Zambezi 60 mense in die hospitaal en 1 in ICU het.

Tot op hede is 242 785 weefselmonsters getoets, 6 517 kontakte word gemonitor en 2 159 mense is in kwarantyn.

Kommentaar

Republikein 2025-12-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer