38ste SADC-beraad skop in Windhoek af
Windhoek speel van vanoggend af gasvrou vir die 38ste beraad van die 15 lidlande van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC).
Dit is 'n geskiedkundige beraad vir Namibië, aangesien pres. Hage Geingob tydens die geleentheid die voorsitterskap van SADC gaan oorneem.
Namibië het in 1992 laas só 'n groot SADC-geleentheid aangebied toe leiers in die streek die SADC-verdrag en -deklarasie onderteken het wat die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingkoördineringskonferensie (SADCC) in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap omgeskakel het.
Die regering het N$50 miljoen vir die beraad begroot wat tot 18 Augustus duur. Volgens mnr. Calle Schlettwein, minister van finansies, sal 'n groot deel hiervan na die plaaslike ekonomie terugvloei, met veral die gasvryheidsbedryf wat gaan baat.
Foto: Denver Kisting

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie