365 nuwe gevalle, ses sterftes
365 nuwe gevalle, ses sterftes

365 nuwe gevalle, ses sterftes

Henriette Lamprecht
Ses nuwe Covid-19-verwante sterftes stoot die getal vir Namibië sedert die uitbreking van die siekte in Maart verlede op tot 317. Dit sluit drie in Rundu, twee in Windhoek en een in Usakos in.

Vandag is 365 nuwe gevalle aangemeld, 'n positiewe koers van 17%. Dit sluit 83 in Windhoek, 33 in Swakopmund, 21 in Onandjokwe, 23 in Lüderitz, 19 in Eenhana, 26 in Oshakati en 19 in Tsumeb in.

Nog 260 mense het herstel wat die totaal op 29 831 te staan bring, 'n herstelkoers van 93%. Dit sluit 84 in Erongo, 60 elk in onderskeidelik Khomas en //Kharas, 29 in Kunene, 18 in Otjozondjupa, 5 in Omaheke en vier in Hardap in.

Die aktiewe gevalle staan op 2 059 waarvan 199 in die hospitaal en 29 in intensiewesorgeenhede (ICU's) is. In Khomas is 80 in die hospitaal en 19 in ICU, in Erongo 28 in die hospitaal en drie in ICU en in Oshana 22 in die hospitaal en 4 in ICU.

Tot op hede is 252 751 weefselmonsters getoets, 5 731 kontakte word gemonitor en 1 758 mense is in kwarantyn.

Kommentaar

Republikein 2026-06-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer