34 sterftes, 1 016 gevalle
Nog 34 sterftes - tien in Rehoboth, vyf in Windhoek, drie elk in onderskeidelik Otjiwarongo en Eenhana, twee elk in Walvisbaai en Mariental en een elk in onderskeidelik Oshakati, Okongo, Outapi, Onandjokwe, Grootfontein, Tsumeb en Swakopmund - bring die totaal op 1 107 te staan. Vandag is 1 016 nuwe gevalle aangeteken waarvan 317 in Windhoek is. Die positiewe koers is 31% en die totaal sluit 187 leerlinge, 55 gesondheidswerkers, 27 onderwysers en 26 studente in. Die aktiewe gevalle staan op 11 278 waarvan 449 in die hospitaal en 82 in die ICU is. Die herstelkoers staan op 82%, terwyl 98 646 mense tot op hede teen Covid-19 ingeënt is.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie