34 nuwe gevalle, nog 184 herstel
34 nuwe gevalle, nog 184 herstel

34 nuwe gevalle, nog 184 herstel

Henriette Lamprecht
Uit 641 weefselmonsters wat getoets is, het 34 positief vir Covid-19 getoets. Volgens die uitvoerende direkteur in die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Ben Nangombe, sluit dit 19 vroue en 15 mans in. Die jongste is vier dae oud en die oudste 76 jaar oud. Die nuwe gevalle sluit 18 in Windhoek, vyf in Rehoboth, een in Mariental, vier in Okahandja, twee in Swakopmund, een in Walvisbaai, twee in Gobabis en een in Rundu in.

Volgens Nangombe het nog 184 mense herstel wat die totaal op 10 329 te staan bring. Dit sluit 168 in Oshikoto, nege in Khomas, vier in Otjizondjupa, twee in Erongo en een in //Kharas in.

Uit die 1 644 aktiewe gevalle is vyf baie ernstig of kritiek. Dit sluit twee kritieke gevalle in Erongo en een baie ernstige en twee kritieke gevalle in Khomas in. Die sterftesyfer bly op 130, tot op hede is 113 089 weefselmonsters getoets en is 938 mense tans in kwarantyn.

Kommentaar

Republikein 2025-05-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer