34 gevangenes van Omuthiya toets positief vir Covid-19
Uit 531 weefselmonsters wat getoets is, het 54 positief vir Covid-19 getoets. Hiervan is 34 gevangenes in die tronk op Omuthiya. Uit die 54 nuwe gevalle is 44 mans en 10 vroue. Die jongste is twee jaar oud en die oudste 59 jaar oud.
Uit die 54 gevalle is buiten die 34 in Omuthiya, sewe in Windhoek, ses in Swakopmund, vier in Okahandja, twee in Oshakati en een in Engela aangeteken.
Nog 65 mense het herstel wat die totaal vir die land op 10 878 te staan bring. Dit sluit 29 in Khomas, 13 in Otjozondjupa, 11 in Oshana, nege in Erongo en een elk in onderskeidelik Ohangwena, Kunene en Zambezi in.
Die aktiewe gevalle staan tans op 1 718 waarvan twee in die Khomasstreek in 'n kritieke toestand is. Die sterftesyfer bly op 133. Tot op hede is 123 455 weefselmonsters getoets, tans word 7 493 kontakte gemonitor en 743 mense is in kwarantyn in geriewe oraloor in die land.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie