333 nuwe gevalle, een sterfte
Vandag is 333 nuwe gevalle aangemeld uit 2 769 weefselmonsters wat getoets is. Dit is 'n positiewe koers van 12%. Die nuwe gevalle sluit onder meer 72 in Oshakati, 34 in Rehoboth, 18 in Outapi, 23 in Onandjokwe, 22 in Walvisbaai, 24 in Windhoek, 13 in Khorixas en 20 in Katima Mulilo in.
Nog 341 mense het herstel wat die totaal op 29 571 en 'n herstelkoers van 93% te staan bring. Dit sluit 75 in Khomas, 59 in Zambezi, 54 in Omaheke, 41 in Omusati, 40 in Otjozondjupa, 26 elk in Hardap en Kavango, 14 in //Kharas en 6 in Kunene in.
Die aktiewe gevalle staan op 1 960 waarvan 193 in die hospitaal en 27 in die intensiewesorgeenheid (ICU) is. in Khomas is 81 in die hospitaal en 17 in ICU, in Oshana is 24 in die hospitaal en 4 in ICU en in Erongo is 22 in die hospitaal en 3 in ICU.
Die huidige Covid-19-verwante sterftes vir die land staan op 311 ná die dood van 'n 53-jarige vrou van Engela wat geen onderliggende mediese toestande gehad het nie.
Tot op hede is 250 658 weefselmonsters getoets, 5 965 kontakte word gemonitor en 1 765 mense is in kwarantyn.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie