331 nuwe gevalle, studente, onderwysers en gesondheidswerkers deel van Khomas-syfer
Windhoek het 163 nuwe gevalle van Covid-19 aangeteken, 49% van die land se totaal van 331. Onder die gevalle in die hoofstad is 13 studente, drie onderwysers, ses gesondheidswerkers en ses gevangenes. Nog 13 gesondheidswerkers uit ander streke het positief getoets waaronder vyf in Swakopmund, vier in Oshakati, twee in Outpai en een elk in onderskeidelik Outjo en Mariental. Ook sluit gevalle in die res van die land vyf leerlinge, tien gevalle by die polisie op Keetmanshoop, agt gevangenes en twee polisiebeamptes. Tien werknemers van die B2 Gold-myn het positief getoets en vier in die visbedryf op Lüderitz. Volgens die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste is 53% van die gevalle kontakte van bevestigde gevalle. Van dié kontakte het 45% simptome.
Uit die 2 050 aktiewe gevalle is 157 in die hospitaal en 29 in intensiewesorgeenhede (ICU). In Khomas is 94 in die hospitaal en 26 in ICU, in Erongo 20 in die hospitaal en twee in die ICU, in Omusati 12 in die hospitaal, in Hardap en Oshana onderskeidelik agt elk in die hospitaal, in Ohangwena sewe in die hospitaal, Oshikoto het ses in die hospitaal en een in ICU, terwyl Kavango-Oos en Kunene onderskeidelik een elk in die hospitaal het.
Uit die 331 nuwe gevalle is 163 in Windhoek, 31 in Swakopmund, 15 in Walvisbaai, drie in Usakos, 17 in Lüderitz, 12 in Keetmanshoop, 24 in Otjiwarongo, een elk in onderskeidelik Grootfontein en Okahandja, 16 in Oshakati, 13 in Gobabis, sewe in Outapi, vier in Oshikuku, een elk in onderskeidelik Tsandi en Okahao, nege in Opuwo, drie in Outjo, sewe in Rehoboth en een elk in onderskeidelik Mariental, Katima Mulilo en Tsumeb.
Nog 177 mense het herstel wat die totaal op 15 373 te staan bring. Dit sluit 81 in Khomas, //Kharas 40, Erongo 27, Oshikoto 20, Kunene sewe en een elk in onderskeidelik Ohangwena en Omaheke in.
Tot op hede is 182 969 weefselmonsters getoets, 4 149 kontakte word gemonitor en 992 mense is in kwarantyn. Die Covid-19-verwante syfer staan op 164.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie