330 nuwe gevalle, een sterfte
330 nuwe gevalle, een sterfte

330 nuwe gevalle, een sterfte

Henriette Lamprecht
Uit die 330 nuwe gevalle wat vandag aangekondig is, is 228 in Windhoek. Uit die nuwe gevalle is 155 kontakte van bevestigde gevalle (47%) en 212 (64%) het simptome. Die nuwe gevalle sluit leerlinge, onderwysers en 16 gesondheidswerkers in. Die sterfte van 52-jarige man van Katima Mulilo met onderliggende mediese toestande bring die getal Covid-19-verwante sterftes op 181 te staan.

Uit die 3 128 aktiewe gevalle is 202 in die hospitaal en 34 in die intensiewesorgeenheid (ICU), styging van 19% teenoor gister. In Khomas is 109 mense in die hospitaal en 32 in ICU, in Erongo 26 in die hospitaal en twee in ICU, terwyl 15 in Omusati, 15 in Kunene, 13 in Ohangwena, agt in Hardap, agt in Oshana, ses in Oshikoto een een elk in Kavango-Oos en Zambezi in die hospitaal is.

Laboratoriums ervaar intussen tans 'n agterstand met die uitslae van toetse wat hierdeur vertraag word.

Nog 276 mense het herstel wat die totaal op 16 317 te staan bring. Dit sluit 198 in Khomas, 55 in //Kharas, 15 in Omaheke, vyf in Omusati, twee in Zambezi en een in Ohangwena in.

Tot op hede is 191 898 weefselmonsters getoets, 4 669 kontakte word gemonitor en 1 267 mense is tans in kwarantyn.

Kommentaar

Republikein 2025-12-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer