33 sterftes, 2 075 nuwe gevalle
Die Covid-sterftes skiet met 33 - twaalf in Gobabis, 11 in Windhoek, twee in Swakopmund en een elk in onderskeidelik Tsumeb, Grootfontein, Otjiwarongo, Okakarara, Mariental, Katima Mulilo, Oshikuku en Tsandi - op tot 1 073. Gister is 2 075 nuwe gevalle aangeteken met 'n positiewe koers van 36%, met 1 128 wat in Windhoek alleen aangeteken is. Die aktiewe gevalle staan op 11 678 gevalle waarvan 400 in die hospitaal is. Hiervan is 84 in ICU en 56 in hoësorg. Die herstelkoers daal tot 82% en tot op hede is 95 476 mense teen Covid-19 ingeënt.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie