320 nuwe gevalle, vier sterftes
320 nuwe gevalle, vier sterftes

320 nuwe gevalle, vier sterftes

Henriette Lamprecht
Die Covid-19-verwante sterftesyfer vir Namibië skuif met vier op - drie in Mariental, een in Gobabis - tot 508. Vandag is 320 nuwe gevalle aangemeld waarvan 68 leerlinge, 16 onderwysers, 15 werknemers in die mynbedryf, 13 gesondheidswerkers en 11 gevangenes is. Nog 470 mense is ingeënt teen Covid-19 wat die totaal nou op 881 te staan bring. Dit sluit 792 in Khomas en 152 in Erongo in.

Die aktiewe gevalle staan tans op 1 689 waarvan 177 in die hospitaal en 37 in die ICU is. Nog 139 mense het herstel wat die totaal op 41 292 en 'n herstelkoers van 95% te staan bring. Tans word 4 566 kontakte gemonitor en is 1 729 mense in kwarantyn.

Kommentaar

Republikein 2026-05-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer