32 sterftes, 1 207 nuwe gevalle
Twee-en-dertig Covid-sterftes stoot die land se sterfgevalle sedert die aanvang van die pandemie op tot 1 040. Die sterftes sluit in 19 in Windhoek, sewe in Keetmanshoop, twee in Engela en een elk in onderskeidelik Outapi, Otjiwarongo, Okakarara en Grootfontein. Nie een van die gevalle was teen Covid-19 ingeënt nie. Die nuwe gevalle is 1 207 en sluit 359 in Windhoek en 'n positiewe koers van 36% in. Die aktiewe gevalle sluit 244 leerlinge, 61 onderwysers en 39 gesondheidheidswerkers in. Die aktiewe gevalle staan op 10 432 waarvan 406 in die hospitaal en 79 in ICU en 26 in hoësorg is. Tot op hede is 91 797 mense teen Covid-19 ingeënt en die herstelkoers staan op 83%.


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie