319 nuwe, drie nuwe sterftes
Die Covid-19-verwante sterftes het tot 280 gestyg, nadat nog vyf sterftes aangemeld is. Dit sluit dié van 'n 79-jarige man van Windhoek, 'n 55-jarige man, 82-jarige en 71-jarige vrou van Walvisbaai en 'n 62-jarige vrou van Rundu. Vandag is 319 nuwe gevalle aangemeld, waarvan Khomas die hoogste en wel 117 (37%) het, gevolg deur Erongo met 40. Die nuwe gevalle sluit 13 gesondheidswerkers, nege gevangenes en agt werknemers in die mynbedryf in.
Nog 409 mense het herstel wat die totaal op 26 254 te staan bring. Dit bring die herstelkoers op 88%.
Die aktiewe gevalle staan tans op 3 350 waarvan 311 in die hospitaal en 30 in intensiewesorgeenhede (ICU) is. Khomas het 35% van die gehospitaliseerde gevalle en wel 108 in die hospitaal en 26 in ICU is. In Zambezi is 45 in die hospitaal en een in die ICU.
Tot op hede is 237 487 weefselmonsters getoets, 6 757 kontakte word gemonitor en 2 082 mense is in kwarantyn.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie