316 nuwe gevalle, rekordgetal van ses Covid-19-verwante sterftes
Die adjunkminister van gesondheid, me. Esther Muinjangue, het 316 nuwe Covid-19-gevalle en ses Covid-19-verwante sterftes vanaand aangekondig. Die ses sterftes is soos volg: drie in Windhoek en een elk in onderskeidelik Oshakati, Rehoboth en Rundu. Dit bring die totale sterftes op 52 te staan.
Die sterftes in Windhoek is 'n 75-jarige vrou, 'n 43-jarige man en 'n 67-jarige vrou, elk met onderliggende mediese toestande. Die sterfte in Oshakati is 'n 61-jarige man, in Rehoboth 'n 58-jarige vrou en 'n 64-jarige man van Rundu. Elk van die gevalle het onderliggende mediese toestande gehad.
Uit die 316 nuwe gevalle is 254 in Windhoek, tien in Walvisbaai, 12 in Swakopmund, een in Omaruru, drie in Otjiwarongo, ses in Okahandja, twee in Rehoboth, vier in Tsumeb, een in Omuthiya, vier in Rundu, vier in Gobabis, vier in Oshakati, twee in Keetmanshoop, een in Outapi, een in Oshikuku en een in Eenhana. Dit bring die totaal op 5 854 te staan. Volgens Muinjangue is 56% van die gevalle mans.
Volgens haar is 50% van die totale gevalle sedert 10 Augustus aangemeld, terwyl 29% van die totale gevalle in die laaste week aangemeld is. Muinjangue sê 55,4% van die gevalle is in die Erongostreek, gevolg deur die 36,4% in die Khomasstreek. Uit die totale aantal gevalle is 207 gesondheidswerkers met die hoogste getal en wel 136 in die Khomasstreek en 45 in die Erongostreek. Die Erongostreek het 25 sterftes en die Khomasstreek 21. Vyftien van die gevalle is in 'n ernstige tot kritieke toestand.
Tot op hede het 2 509 mense herstel, huidig is daar 3 297 gevalle, 50 391 weefselmonsters is getoets en 1 232 mense is tans in kwarantyn in geriewe oraloor in die land.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie