• Tuisblad
  • Gesondheid
  • 315 nuwe gevalle, gemiddeld van agt gevalle per 100 000 inwoners per dag
315 nuwe gevalle, gemiddeld van agt gevalle per 100 000 inwoners per dag
315 nuwe gevalle, gemiddeld van agt gevalle per 100 000 inwoners per dag

315 nuwe gevalle, gemiddeld van agt gevalle per 100 000 inwoners per dag

Henriette Lamprecht
'n Rekordgetal van 315 nuwe Covid-19-gevalle is aangeteken uit 1 378 weefselmonsters wat getoets is. Volgens die adjunkminister van gesondheid en maatskaplike dienste, me. Esther Muinjangue, is dit die hoogste getal bevestigde gevalle in 'n dag sedert die uitbreking van die pandemie in Namibië. Volgens haar stoot dit Namibië bo-aan die lys vir die koers vir daaglikse gevalle met 'n gemiddeld van agt per 100 000 inwoners per dag. Suid-Afrika se gemiddeld is sewe gevalle per 100 000 inwoners per dag.

Uit die 315 nuwe gevalle is 200 mans en 115 vroue. Die ouderdomme wissel van een tot 83 jaar. Uit die 315 nuwe gevalle is 223 in Windhoek, 43 in Walvisbaai, een in Swakopmund, twee in Usakos, 25 in Keetmanshoop, een in Karasburg, vier in onderskeidelik Mariental en Rehoboth, drie in Okahandja, een in Otjiwarongo en twee elk in onderskeidelik Katima Mulilo, Rundu en Engela en een elk in onderskeidelik Okahao en Onandjokwe.

Uit die 223 nuwe gevalle in Windhoek is 151 mans en 72 vroue. Die ouderdomme wissel van een tot 79 jaar. Sewe van die gevalle is gesondheidswerkers.

Nog 'n sterfte is in die hoofstad aangeteken en wel die van 'n 44-jarige man met onderliggende mediese toestande. Dit bring die getal sterftes op 42 te staan.

Die totale getal bevestigde gevalle vir Namibië staan nou op 5 272. Tot op hede 2 442 mense ten volle herstel en is 2 457 gevalle aktief. Tot op hede is 47 122 weefselmonsters getoets, 5 570 kontakte word gemonitor en 1 149 mense is in kwarantyn in geriewe oraloor in die land.

Kommentaar

Republikein 2026-07-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer