311 nuwe gevalle, vier Covid-19-verwante sterftes
Uit die 1 686 weefselmonsters wat getoets is, het 311 positief vir Covid-19 getoets. Vier Covid-19-verwante sterftes is ook aangemeld en wel een in Eenhana, een in Swakopmund en twee in Walvisbaai. Volgens die adjunkminister van gesondheid en maatskaplike dienste, me. Esther Muinjangue is die sterfte in Eenhana 'n 49-jarige vrou met onderliggende mediese toestande en 'n kontak van 'n bevestigde geval. Die sterfte in Swakopmund is 'n 60-jarige vrou met verskeie onderliggende mediese toestande, terwyl die sterftes in Walvisbaai onderskeidelik 'n 37-jarige man met 'n onderliggende mediese toestand en 'n 74-jarige vrou met verskeie onderliggende mediese toestande is. Dit bring die totaal sterftes op 46 te staan. Die totale getal bevestigde Covid-19-gevalle staan nou op 5 538.
Uit die 311 nuwe gevalle is 19 gesondheidswerkers waarvan 16 in die Khomasstreek is. Die 311 nuwe gevalle se verspreiding is soos volg: 171 in Windhoek, 67 in Walvisbaai, 19 in Swakopmund, vier in Tsumeb, nege in Onandjokwe, een in Omuthiya, nege in Engela, een in Eenhana, vier in Grootfontein, twee in Okahandja, een in onderskeidelik Otjiwarongo en Okakarara, ses in Keetmanshoop, vyf in Rundu, vier in Oshakati, twee in Mariental, een in Rehoboth, twee in Oshikuku en een elk in Gobabis en Katima Mulilo. Volgens Muinjangue is sowat 50% (2 686) van die land se totale getal van 5 538 die afgelope twee weke aangeteken.
Uit die 311 nuwe gevalle is 155 vroue en 146 mans. Die jongste is drie weke oud en die oudste 95 jaar oud. Die land het 3 032 aktiewe gevalle waarvan 11 ernstig en vier kritiek is. In die Erongostreek is vier gevalle ernstig siek en een geval kritiek. In die Khomasstreek is sewe gevalle ernstig en drie gevalle kritiek.
Tot op hede is 48 808 weefselmonsters getoets, 5 750 kontakte word gemonitor en 1 267 mense is huidig in kwarantyn in geriewe oraloor in die land.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie