309 nuwe gevalle, 214 herstel
309 nuwe gevalle, 214 herstel

309 nuwe gevalle, 214 herstel

Henriette Lamprecht
Uit die 1 846 weefselmonsters wat getoets is vir Covid-19, het 309 (17%) positief getoets. Die meeste van die gevalle is in Khomas (87), met onder meer 30 op Oshakati, 28 op Lüderitz, 27 op Otapi en 30 op Katima Mulilo.

Uit die 214 wat herstel het, was 194 in Khomas en 20 op Hardap. Dit bring die totaal op 26 468 te staan, met 'n herstelkoers van 88%.

Die aktiewe gevalle staan op 3 445 waarvan 308 in die hospitaal en 30 in intensiewesorgeenhede (ICU's) is. In Khomas is 103 in die hospitaal en 26 in ICU, terwyl Zambezi 45 in die hospitaal en een in ICU het.

Tot op hede is 239 333 weefselmonsters getoets, 6 626 kontakte word gemonitor en 2 076 mense is in kwarantyn.

Kommentaar

Republikein 2025-12-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer