308 gevalle, vier sterftes
Vandag is 308 nuwe gevalle aangeteken waarvan 95 gevangenes op Andara is. In Windhoek is onder meer 70, Swakopmund 27, Okahandja 16 en Gobabis 15 aangeteken.
Nog vier sterftes, een elk in onderskeidelik Windhoek, Keetmanshoop, Otjiwarongo en Walvisbaai, stoot die getal Covid-19-verwante sterftes vir Namibië op tot 332.
Nog 778 mense het herstel wat die totaal op 31 210 te staan bring. Dit sluit 214 in Erongo, 158 in Oshana, 121 in //Kharas, 74 in Zambezi, 64 in Omusati, 52 in Otjozondjupa, 43 in //Kharas, 34 in Kavango-Oos, tien in Kavango-Wes en agt in Kunene.
Die aktiewe gevalle staan op 1 717 waarvan 164 gehospitaliseer en 21 in intensiewesorgeenhede (ICU's) is. In Khomas is 55 mense in die hospitaal en 14 in ICU's, in Erongo is 26 mense in die hospitaal en twee in ICU en in Oshana is 14 in die hospitaal en drie in ICU.
Tot op hede is 260 034 weefselmonsters getoets, 5 604 kontakte word gemonitor en 1 271 mense is in kwarantyn.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie