30 sterftes, 237 nuwe gevalle
30 sterftes, 237 nuwe gevalle

30 sterftes, 237 nuwe gevalle

Henriette Lamprecht
Die Covid-sterftes styg met 30 tot 3 142. Die meeste sterftes was in die Outapi-distrik met agt, gevolg deur Opuwo met vyf, Okahao met vier, Oshakati met drie, Windhoek, Swakopmund en Katima Mulilo met twee sterftes elk en Okahandja, Walvisbaai, Otjiwarongo, Engela en Omusati met onderskeidelik een elk. Een was 'n tuissterfte, terwyl nog een met aankoms by 'n gesondheidsinstelling gesterf het. Een sterfte in Swakopmund het een dosis AstraZeneca ontvang.
Gister is 237 nuwe gevalle aangeteken, 'n positiewe koers van 12%. Die meeste was in Oshana en Zambezi (18%), gevolg deur Khomas met 15%. Onder die gevalle is 30 leerlinge, vier onderwysers, vyf studente en drie gesondheidswerkers. Twee van die gevalle het een dosis entstof ontvang.
Tans is daar 20 177 aktiewe gevalle waarvan 375 in die hospitaal en 72 in die ICU is. Tot op hede het 169 790 mense een dosis entstof ontvang, terwyl 51 138 ten volle ingeënt is. Die herstelkoers staan op 81%.

Kommentaar

Republikein 2025-05-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer