30 maande tronkstraf vir Kobi Alexander
30 maande tronkstraf vir Kobi Alexander

30 maande tronkstraf vir Kobi Alexander

Jo-Mare Duddy Booysen
Kobi Alexander, die voormalige uitvoerende hoof van Comverse Technology Inc, is vandag 30 maande tronkstraf vir effektebedrog van miljoene Amerikaanse dollar in ‘n hof in New York opgelê.
Alexander, wat in Julie 2006 uit Amerika gevlug en ‘n dekade in Namibië kom wegkruip het, het ‘n maksimum tronkstraf van tien jaar vrygespring.
Hy het verlede jaar vrywillig ingestem om na Amerika terug te keer en is in Augustus deur die Namibiese regering aan dié land se owerhede oorhandig. – Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2025-06-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer