2de penisoorplanting in SA gedoen
’n Man (40) wat 17 jaar gelede sy penis verloor het, het onlangs die tweede man in Suid-Afrika geword wat ’n penisoorplanting ondergaan.
Die skenkerpenis was dié van ’n wit man (29) wat oorgeplant is op die swart man. Om die kleurverskil te oorkom sal mediese tatoeëring – wat oor ses of agt maande uitgevoer word – daarop gedoen word.
Die man wat die penis ontvang het, het byna sy eie lewe geneem weens die trauma toe hy sy penis verloor het weens ‘n tradisionele besnydenis wat skeefgeloop het, het dr. André van der Merwe, hoof van die Universiteit Stellenbosch (US) se urologie-eenheid wat die oorplanting asook die vorige een gelei het, gister op ’n nuuskonferensie gesê.
Die man was vier jaar lank op ’n waglys. Die nood wat die man ervaar het, was so groot dat hy herhaaldelik ingestem het met ingeligte toestemming en aanvaar het om die penis van ’n ander kleur te neem. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie